SocialIcons05

Die feesseisoen is net om die draai – ‘n tyd van vreugde en feesviering wanneer ons die alledaagse verantwoordelikhede opsy kan skuif. Maar ongelukkig is alles nie maanskyn en rose nie. Kontantmisdaad gemik teen kleinhandelsake is hoog op die kriminele agenda hierdie tyd van die jaar met dié dat daar dramaties meer kontant in omloop is.  

“Die Desembervakansie is spitsseisoen vir Suid-Afrika se kleinhandelsektor. Dit gaan gepaard met meer kontant en ‘n ooreenstemmende toename in kleinhandelkontantmisdaad soos gewapende roof, inbraak en transito-rooftogte. Terwyl ons vakansieplanne maak en Kersgeskenke koop, trek kriminele hul eie wenslyste op en soek hulle maniere om voordeel te trek uit die geleenthede wat niksvermoedende en weerlose teikens bied,” sê Richard Phillips, gesamentlike HUB, Cash Connect Management Solutions.

“Langer winkel-ure is gerieflik vir verbruikers, maar skep ook meer geleenthede vir misdaad. Sentrale sakegebiede en kusdorpe is Suid-Afrika se hoogste risiko-areas gedurende Desember,” voeg Phillips by.

Cash Connect, Suid-Afrika se toonaangewende verskaffer van geoutomatiseerde kontantbestuur- en betalingsoplossings, stel handelaars in staat om in ‘n veilige omgewing sake te doen danksy sy robuuste kontantkluise wat oor die afgelope dekade hulself bewys het as ‘n uiters effektiewe afskrikmiddel vir kontantmisdaad.

Gegewe meer as 20, 000 gewapende rooftogte in die afgelope jaar, is dit duidelik dat handelaars hulle in ‘n sake-omgewing met ‘n uitermate hoë geneigdheid tot kontantmisdaad bevind. “Vasberade en georganiseerde skurke het oor die laaste paar jaar ons kontantkluistegnologie tot die uiterste getoets met enigiets van voorhamers tot springstof. Ons kluise het keer op keer bewys dat hulle die siklus van geweldsmisdade kan help breek omdat kriminele nie by die geld kan uitkom nie,” sê Phillips.

Desember en Januarie hoef nie ‘n jolige tyd vir kriminele te wees nie, maar ongelukkig hanteer te veel besighede hul geld nog op konvensionele maniere wat hulle ‘n aantreklike teiken vir misdaad maak.

Die belangrikste en mees effektiewe manier vir handelaars om hul risiko te verminder, is die installering van ‘n geoutomatiseerde kleinhandelkontantbestuur- en betalingsoplossing wat sterk genoeg is om die taaiste aanvalle te weerstaan. Cash Connect se kontantkluise word gebou volgens die SABS se Kategorie 4 standaarde. Hul reputasie om aanvalle – ook dié waarin springstof gebruik word – te weerstaan, is ‘n formidabele afskrikmiddel.

Maar selfs ‘n geoutomatiseerde kontantbestuuroplossing vereis waaksaamheid en intelligente bestuurspraktyke om kriminele te fnuik. Dit sluit in:

  • Beperk geld wat by verkoopspunte gehou word tot die minimum deur kontant gereeld in ‘n veilige kontantdepositotoestel te deponeer.
  • Skeduleer ad hoc kontantkolleksies indien nodig sodat geld op die perseel ten alle tye so min as moontlik is.
  • Onthou dat kriminele hul teikens fyn dophou voor hulle toeslaan. Deel daarom jou beskermingstrategieë met jou personeel – die kriminele sal gou hiervan uitvind en aanbeweeg na makliker en sagter teikens. Wees ook op die uitkyk vir verdagte voertuie en mense in die omgewing en stel die polisie in kennis.
  • Jou personeel is jou bondgenote. Moedig hulle aan om vreemde navrae dadelik aan die bestuurder te rapporteer. Hulle moet veral bedag wees op enigeen wat vrae vra oor bankroetines, transito-verskaffers of transito-kolleksietye.
  • Dink daaraan om die winkel vir ‘n paar minute voor en tydens transito-kolleksies toe te maak. ‘n Ander opsie is om die kontantarea tydens kolleksies toe te maak en te isoleer, en seker te maak dat toegang tot die vertrek waar die geld oorhandig word, beperk is.
  • Help die transito-span deur voorbereid te wees sodat die geld so vinnig en veilig as moontlik oorhandig kan word.
  • Maak seker dat jou CCTV stelsels gereeld gediens en in ‘n werkende toestand is. Duidelike beeldmateriaal van verdagtes is van onskatbare waarde in polisie-ondersoeke.

“Ons wens alle Suid-Afrikaanse handelaars en hul klante ‘n veilige, vreedsame en voorspoedige vakansietydperk,” sê Phillips. “Die kombinasie van waaksaamheid, spanwerk en veilige kontantbestuurpraktyke in winkels, en noue samewerking tussen handelaars, die kontantbestuurverskaffers en wetstoepassingsagentskappe kan ‘n formidabele teenvoeter wees vir kontantmisdaad. Ons kan slegs hierdie winsgewende “besigheid” beveg deur net so professioneel en gekoördineerd as die kriminele te werk te gaan.”


FREE CASH MANAGEMENT CONSULTATION

CLICK HERE
Copyright © 2020 Cash Connect.
PAIA DocumentationAll rights reserved.
facebook-icon
facebook-icon
facebook-icon
facebook-icon
cash connect cash management solutions retail safe cash vault cti cti