SocialIcons05

Tydens Paastyd verlede jaar is ten minste ses inkopsiesentrums in Durban alleenlik beroof, en dit is sonder om eers die vlaag van kontant-oppad en gewapende kleinhandelrooftogte in te sluit wat oor dieselfde tydperk oor die res van die land plaasgevind het. Wat kan Suid-Afrika hierdie jaar verwag tydens Paastyd?

“Maart 2017, die aanloop tot Paasfees, was verlede jaar se ergste gewapende rooftogmaand,” sê Richard Phillips, gesamentlike HUB van Cash Connect. “Gegewe die ongekende toename in kontantverwante rooftogte oor die afgelope 12 maande, verwag ons dat Maart meer kontant en meer kontantmisdaad gaan oplewer.”

Misdadigers, soos verbruikers, is besig om gereed te maak vir die Paasvakansie. Ten spyte van al die elektroniese transaksie-opsies wat bestaan, verkies baie verbruikers om kontant te betaal. Soveel as 84% van alle transaksies word met harde kontant beklink. Vandag se misdadigers is hoogs georganiseerd en hulle weet daar is duisende kleinhandelaars wat nog steeds hul kontant op die tradisionele manier hanteer. Met inligting, dikwels vanuit binnekringe, maak dit van ongeveer 72% kleinhandelaars maklike teikens vir misdadigers met gesofistikeerde metodes.

Volgens Phillips het wetstoepassing, misdaadintelligensie en die kriminele regstelsel misluk om behoorlik op hierdie ekonomiese oorlogvoering te reageer. “Die onvermoë om georganiseerde bendes in die bek te ruk, stel ons kontantekonomie en almal wat daarop staatmaak in gevaar.”

Die gevolg is dat die kontantekonomie toenemend aangeval word. Konserwatief gesproke, was die kontantvervoerbedryf slagoffer van ten minste 256 aanvalle in 2016, en 367 in 2017.

Insidente in inkopiesentrums het eweneens met 10.3% van 2016 tot 2017 toegeneem. Rooftogte in sentrale sakegebiede het effens afgeneem gedurende die dag, maar laatnagaanvalle het met meer as 30% toegeneem.

As die leier in geoutomatiseerde kontantbestuuroplossings, het Cash Connect se uiters rubuuste kluistegnologie homself bewys as die effektiefste afskrikmiddel in die kleinhandelsektor. Die feit bly egter staan dat baie kleinhandelaars weerloos is omdat hulle steeds met groot kontant bedrae in hul winkels sit sonder enige misdaadbestande toestelle of kluise wat daardie geld veilig kan hou.

Phillips glo uiteraard dat ‘n geoutomatiseerde platform vir die bestuur van kontant en betalings belangrik is vir ‘n hedendaagse handelsaak. Maar, sê hy, handelaars wat nog wel hul kontant met die hand hanteer, het ook opsies, alhoewel tradisionele kontantbestuur metodes nie aangeraai word nie.

Sekuriteitdeskundiges beveel verskeie wenke aan wat winkeleienaars kan volg om ‘n veilige Paastyd te verseker:

  • Betaal lone en salarisse deur elektroniese oordragtransaksies eerder as in kontant.
  • Moenie dit verkondig wanneer kontant na die bank geneem word nie.
  • Deponeer kontant op verskillende dae en tye.
  • Hou die geld wat jy wil deponeer weggesteek terwyl jy in die ry staan in die bank of by die OTM.
  • Moenie geldsakke of aktetasse dra wanneer jy by die OTM - of in die banktellerry staan nie.
  • Deponeer kontant by verskillende banke en OTM’e sodat jou banksakepatroon nie maklik bepaal kan word nie.
  • As jou kontant afgehaal word, oorweeg dit om die winkel vir ‘n paar minute voor, tydens en na die wagte se besoek toe te maak. So nie, kan jy die kontantkantoor isoleer en die area daar rondom sluit wanneer kontant gehaal word.
  • Help die kontantvervoerspan deur voorbereid te wees. Dit hou die besoek kort, flink en veilig.
  • Ondersoek die moontlikheid om oor te skakel na ‘n geoutomatiseerde kontantbestuurdiens. Al die risiko’s hierbo genoem verminder in ‘n oogwink en jou besigheid sal meer effektief wees en noemenswaardige besparings toon.

Navorsing het getoon dat ‘n verstommende 90% van aanvalle op besighede uitgevoer word met inligting wat deur werknemers of kontrakteurs verskaf is. “Winkels wat ons geoutomatiseerde kontant kluise gebruik, word veel minder geteiken as enige ander, ten spyte daarvan dat aanvalle teen die bedryf met 30% toegeneem het in die afgelope jaar,” sê Phillips. “Die feit dat meer as 87% van aanvalle teen ons kliënte onsuksesvol was, is ‘n duidelike bewys dat ons strategie van afskrik, afkeer en verdedig die regte een is.”


FREE CASH MANAGEMENT CONSULTATION

CLICK HERE
Copyright © 2020 Cash Connect.
PAIA DocumentationAll rights reserved.
facebook-icon
facebook-icon
facebook-icon
facebook-icon
cash connect cash management solutions retail safe cash vault cti cti